Ineffable Digitale Ontwerp

Ineffable Digitale Ontwerp Dié ontwerpershuis met 'n Taaltuin®! Ons skryf en ontwerp met impak. Ons gee erkenning, bou handelsmerke en help besighede groei. Ideaal, want dis digitaal.®
(2)

Die belofte wat die lente elke jaar vir boere inhou is weer besig om in vervulling te gaan. Die weiding is pragtig en di...
05/10/2026

Die belofte wat die lente elke jaar vir boere inhou is weer besig om in vervulling te gaan. Die weiding is pragtig en die veld is in groot dele van ons land oortrek met n blomme kombers. Ons vee se kondisie is goed en kort, kort sien jy n skaapooi wat wydsbeen haar lam laat suip of n kalfie wat speels bokappel agter sy ma aan.
Die natuur is tevrede en soos altyd sorg die Skepper vir sy skepping.

Tog is daar tenspyte van hierdie belofte en goeie vooruitsigte die ewigdurende gevare en bedreigings wat agter in elke boer se kop en gemoed maal.

Die konstante ekonomiese druk, die gevare en bedreigings mbt plaasveiligheid, die verval van die plattelandse infrastruktuur en tussen al hierdie “buite probleme” is daar ook die “binne probleme” soos verbrokkelende verhoudings, siektes en gebrek wat soos n kanker aan sy gemoed vreet en hom weerloos laat teen die storms wat om hom woed.

Die wedloop van die lewe wat strek oor eeue heen tussen daardie twee aards vyande wat mekaar die stryd aansê in elke boer se gemoed, die stryd tussen beloftes en bedreigings.

In die gemoed van ou Isreal vind daardie wedloop ook plaas met die “belofte” van n Kanaan in die een baan en die “bedreiging” van die Farao kort op sy hakke in die ander baan. Die “belofte” loop gemaklik voor tenspyte van uitdagings, maar dan skielik een oggend kom die lewe tot stilstand voor die Rooisee.

Dit is dan ook die plek waar so baie van ons boere vandag te staan gekom het. Baie van ons staan voor ons eie “Rooisee” en ooral hoor jy die versugtinge na die vleispotte van Egipte. Die verlange na die goeie ou dae, toe alles nog reg geloop het. Dit is nou maar eenmaal die aard van die mens om die slegte te vergeet en die goeie te onthou en daarom dan ook die alewige verlange na dit wat was.

Tog sal dit ons nie veel baat om voor ons “Rooisee” stil te staan en verlang nie, al wat gebeur is dat die “bedreiging” vinnig inhaal op sy agterstand en ons uiteindelik sal oorrompel daar waar ons sit en verlang na die dinge wat verby is.

Nee, ons moet oorent kom en doelbewus kies om te glo in die Leidsman wat ons tot hier gelei het en wat vir ons n toekoms belowe. Hy sal vir ons die onmoontlike bewerk en ons “Rooisee” vir ons oopkloof.

Wat van ons verwag word is om te werk en te glo. Deur dit te doen sal die “belofte” waar word wanneer ons deur die see van Sy genade trek, terwyl die branders van Sy toorn die “bedreiging” verswelg.

In tye soos hierdie is dit belangrik om te onthou dat daar al tye soos hierdie was. Ons voorgeslagte moes veel groter uitdagings die hoof bied met baie minder hulpbronne, kennis en vaardighede tot hul beskikking. Tog het hul gekies om vas te hou aan die “belofte” van hul eie Kanaan en sodoende die “bedreigings” van Egipte verslaan.

Hou goeie moed boere en word nie moedeloos. Verlang ook nie terug na die dae van gister nie, want die Groot Boek leer dat dit nie uit wysheid is wat ons sê dat daardie dae beter was nie. Doen wat jou hand vind om te doen, doen dit in volharding en geloof en ervaar hoe jy droogsvoet deur jou“Rooisee” loop en ons Skepper sy beloftes vir jou waarmaak.

Sterkstaan Boervolk…. Sterkstaan!
- Tiaan Theron

04/10/2026



Sommige dae voel die lewe vir my soos een groot, deurmekaar legkaart. 'n Duisend stukkies wat net nie in mekaar pas nie, want planne val uitmekaar en die antwoorde bly weg. Soms is dit loodswaar – veral op die dae wat gebede stil voel. Wanneer die lewe my plattrek, sal my pa my gewoonlik net een kyk gee, liggies op my skouer druk en vir my sê: "Alles sal weer regkom."

Dis daardie vier woorde wat vir my vertroosting gee wanneer ek nie 'n weg uitsien nie, maar weet dat dit wat ek ervaar net tydelik is.

Alles sal weer regkom. Dalk moet jy dit ook hoor?

Miskien sal dinge nie presies uitwerk soos jy dit beplan het nie. Die kanse is goed dat dit selfs mooier kan wees. Die lewe het 'n manier om ons met nuwe moontlikhede te verras op die tye wanneer ons net toe deure raaksien.

Hou aan hoop.
Hou aan bou.
Hou aan bid.
Hou aan probeer.

Want soos my pa al telkemale vir my gesê het: "Alles sal weer regkom."
En ek glo dat dit vir jou ook so sal uitwerk.

Vriendelike groete
Hilde Kruger
Solidariteit Helpende Hand

Lees jou briewe hier: https://hopklik.com/ljWMO

Ineffable Digitale Ontwerp™ vier jaarliks gedurende Oktober, Boeremaand as ’n geleentheid om erkenning te gee aan die be...
04/10/2026

Ineffable Digitale Ontwerp™ vier jaarliks gedurende Oktober, Boeremaand as ’n geleentheid om erkenning te gee aan die belangrike rol van boere, landbouers, landbou-organisasies en plaaslike besighede. Die inisiatief is ’n manier om waardering te toon vir die mense en organisasies wat ’n belangrike bydrae tot ons landbousektor en gemeenskappe lewer. Vandag dra ons ’n collage aan Francois Rossouw van Saai op.

Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) is ’n dinamiese landboubelangenetwerk, deur boere vir boere, wat toegewyd is aan die beskerming en bevordering van familieboere se regte, waardes en toekoms in die primêre produksiesektor. Familieboere vorm ’n kerndeel van landelike gemeenskappe en speel ’n belangrike rol in voedselsekerheid en stabiliteit. Familieboere word egter toenemend gekonfronteer met uitdagings soos klimaatsverandering, korporatiewe druk en regsinmenging.

In 2026 het Francois Rossouw, as uitvoerende hoof van SAAI, ’n sigbare en daadkragtige rol gespeel in die bevordering van boere se belange te midde van die bek-en-klouseerkrisis. Deur volgehoue openbare kritiek, formele voorleggings en regstappe het hy die aandag gevestig op die praktiese uitdagings wat boere ondervind, waaronder beperkte toegang tot entstowwe, onvoldoende staatskapasiteit en die ekonomiese gevolge van siektebeheermaatreëls. Sy leierskap het veral gefokus op die erkenning van die private sektor en boere se vermoë om ’n groter rol in die bekamping van die siekte te speel, terwyl hy aangedring het op groter deursigtigheid, aanspreeklikheid en ’n meer inklusiewe benadering tot besluitneming. Die hofaksies en daaropvolgende ontwikkelings rondom private inenting het ’n belangrike bydrae gelewer tot die gesprek oor boere se reg om hul vee en bestaansmiddele te beskerm. Francois se betrokkenheid illustreer hiermee hoe volgehoue leierskap, strategiese regsoptrede en ’n duidelike fokus op die belange van familieboere kan bydra tot groter aandag aan ’n nasionale landboukrisis.

Dankie, Francois! Dís impak.
Ons haal ons hoed af vir jou.

©Ineffable Digitale Ontwerp 2026

Ineffable Digitale Ontwerp™ vier jaarliks gedurende Oktober, Boeremaand as ’n geleentheid om erkenning te gee aan die be...
03/10/2026

Ineffable Digitale Ontwerp™ vier jaarliks gedurende Oktober, Boeremaand as ’n geleentheid om erkenning te gee aan die belangrike rol van boere, landbouers, landbou-organisasies en plaaslike besighede. Die inisiatief is ’n manier om waardering te toon vir die mense en organisasies wat ’n belangrike bydrae tot ons landbousektor en gemeenskappe lewer. Vandag dra ons ’n collage aan die Pretoria Boeremark !

TLU SA het sedert 1992 baanbrekerswerk gedoen met die vestiging van 'n Boeremarkkonsep wat landswyd in verskillende vorms toegepas word. Danksy TLU SA kan jy vars produkte direk vanaf die boer aankoop.

Skud jou vere reg en skop jou Saterdae vroeg af!
Die Pretoria Boeremark se deure is vanaf 05:30-09:30 oop.
Gaan maak gerus 'n draai!

Oktobermaand is hier. Elke jaar brei ons 'n bietjie uit. Ons moet. Anders groei ons nie. Vanjaar se tema lui in 'n digvo...
02/10/2026

Oktobermaand is hier. Elke jaar brei ons 'n bietjie uit. Ons moet. Anders groei ons nie. Vanjaar se tema lui in 'n digvorm wat ek verlede jaar in my veldjoernaal neergepen het:

𝙀𝙣 𝙝𝙪𝙡𝙡𝙚 𝙨𝙖𝙡 𝙥𝙡𝙖𝙣𝙩 …

𝙃𝙪𝙡𝙡𝙚 𝙨𝙖𝙡 𝙥𝙡𝙖𝙣𝙩 𝙬𝙖𝙣𝙣𝙚𝙚𝙧 𝙙𝙞𝙚 𝙧𝙚ë𝙣 𝙠𝙤𝙢,
𝙚𝙣 𝙤𝙤𝙠 𝙬𝙖𝙣𝙣𝙚𝙚𝙧 𝙙𝙞𝙚 𝙙𝙧𝙤𝙤𝙜𝙩𝙚 𝙖𝙖𝙣𝙝𝙤𝙪.
𝙃𝙪𝙡𝙡𝙚 𝙨𝙖𝙡 𝙥𝙡𝙖𝙣𝙩 𝙙𝙚𝙪𝙧 𝙨𝙩𝙤𝙧𝙢𝙨 𝙚𝙣 𝙙𝙚𝙪𝙧 𝙨𝙩𝙞𝙡𝙩𝙚,
𝙙𝙚𝙪𝙧 𝙫𝙚𝙧𝙡𝙞𝙚𝙨 𝙚𝙣 𝙙𝙚𝙪𝙧 𝙫𝙧𝙚𝙪𝙜𝙙𝙚,
𝙙𝙚𝙪𝙧 𝙡𝙖𝙣𝙜 𝙣𝙖𝙜𝙩𝙚 𝙫𝙖𝙣 𝙬𝙖𝙖𝙠
𝙚𝙣 𝙝𝙚𝙡𝙙𝙚𝙧 𝙤𝙜𝙜𝙚𝙣𝙙𝙚 𝙫𝙖𝙣 𝙣𝙪𝙬𝙚 𝙝𝙤𝙤𝙥.

𝙒𝙖𝙣𝙩 𝙤𝙢 𝙩𝙚 𝙥𝙡𝙖𝙣𝙩, 𝙞𝙨 𝙤𝙢 𝙩𝙚 𝙫𝙚𝙧𝙩𝙧𝙤𝙪.

Ons het hierdie jaar ook 'n versoek gekry om erkenning vir Namibiëse boere te gee. Hulle sit natuurlik met hul eie uitdagings. As dit bemoedig en ondersteun, sal ons graag erkenning gee.

’n Plaas is veel meer as net grond, trekkers en vee. Dit is ’n verhaal van mense en families, van jare se arbeid en opofferings wat dikwels ongesiens bly. Ineffable Digitale Ontwerp™ ondersteun boere en boereorganisasies, omdat die boere my na aan die hart lê. 'n Land kan nie sonder die boere nie en 'n boer kan nie sonder sy geloof nie. Dis 'n maand waarin ek terugstaan en vir boere die geleentheid gee om iets te sê. Kyk gerus uit vir ons boere se skryfstukke en lees dit.

Welkom in ons Boeremaand.
- Die Stigter
©Ineffable Digitale Ontwerp 2026

Ineffable Digitale Ontwerp™ hou op 'n jaarlikse basis elke Oktobermaand 'n Boeremaand deur erkenning aan boere, landboue...
01/10/2026

Ineffable Digitale Ontwerp™ hou op 'n jaarlikse basis elke Oktobermaand 'n Boeremaand deur erkenning aan boere, landbouers, boere-organisasies en plaaslike besighede te gee.

Johan Kotzé is 'n boer en die stem agter vanjaar se openingsvideo. Johan sien en ervaar die uitdagings van 'n plaas op 'n daaglikse basis. In een van die boodskappe wat ons van hom af ontvang het was 'n mooi storie oor die blydskap wat personeel by die koöperasie ervaar het, omdat hulle hom lanklaas gesien het. Die rede vir sy afwesigheid was eenvoudig net dat hy 'n boer is wat nie sommer sy grond verlaat nie. As jy dit 'n bietjie oordink, sal jy die mooi in die storie kan raaklees.

Dankie dat jy vir ons tyd gemaak het met die klankopname, Johan. En baie dankie dat jy jou roeping getrou volg. Ons waardeer dit.

Geniet jou Donderdag!
©Ineffable Digitale Ontwerp 2026

01/10/2026

En hulle sal plant ...
Boeremaand 2026 is hier.

Address

Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ineffable Digitale Ontwerp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ineffable Digitale Ontwerp:

Shortcuts

Share