11/11/2026
🏆⭐ 𝗠𝗜𝗡𝗨𝗧𝗘𝗠𝗔𝗡 𝗣𝗥𝗘𝗦𝗦 𝗪𝗢𝗥𝗖𝗘𝗦𝗧𝗘𝗥 | 𝗡𝗨𝗨𝗦𝗩𝗥𝗬𝗦𝗧𝗘𝗟𝗟𝗜𝗡𝗚 ⭐🏆
Dit is aangenaam vir die Eienaars en Bestuur van Minuteman Press Worcester om aan te kondig dat Minuteman Press International die “Gold Star Achievement Award” aan ons toegeken het vir “Professional Excellence in Customer Service, Quality and Exemplary Business Performance”. As eienaars en bestuur voel ons geëerd en bevoorreg om hierdie toekenning in ontvangs te neem.
Die Streeksvise-president, SA, mnr. Robert Greyling, het persoonlik na Worcester gereis om die toekenning aan Orton en Lilian King te oorhandig.
Ons beskou hierdie toekenning as ‘n inspirasie om ons kliënte tot die beste van ons vermoëns te diens en waarde tot hulle toe te voeg.
Baie dankie aan ons lojale kliënte vir julle volgehoue ondersteuning! ❤️
📍 Kerkstraat 71, Worcester, South Africa
📞 023 004 1099 / 071 104 2991
📧 [email protected]
Minuteman Press Worcester – We design, print & promote… YOU!