03/08/2026
Saam julle…. Deur O Botha
Saam julle sal ek in die diep blou see tussen niks en tussen alles kan swem
Groen slaai, mozambiek brood en ikkie se oondgebakte prawns sal vir altyd wen
Saam julle sal ek dolfyne gaan soek, braai om elke hoek en blou verf kry op my gunsteling broek.
Die see se lawaai, die kinders se kattermaai en draf tot om elke draai, is ‘n memory in my hart se boonste laai.
Dee se slippie slide glimlag, Charlie se wit vlag, Amber se gedrag… -my grappie-krag vir elke dag.
Rooi koeldrank avontuur, bandjies koop by die uur, kuier om die vuur met my rug teen die muur wil ek soos ‘n gelukkige rooksein hoog in die lug in stuur.
Moenie my kom red van hierdie pret!! Ons het ‘n duur pyn betaal vir hierdie red…
Terwyl ons geweet het, het ons nie regtig geweet ons sou kon sê, ons het!!!
Hier staan ons almal in ‘n bondel, skouer teen
Skouer met die see wat agter konkel
Hierdie plek het geweet ons kom, met ons rooiwyn en bietjie vonkel.
‘n stukkie van my hart sal altyd op hierdie strand bly… tot ons jou weer sien en die maande verby gly.
Want op min plekke kry jy die mooiste sand, die maat langs jou, vir gebed, se hand.
Dankie Abba Vader, vir die warm land.