11/10/2025
OK hier is Willekat gedistilleer.
Ek het net gevoel, dat mense nie my agtergrond ken nie, dus, d**k hulle ek is net 'n ou wat PC's regmaak. Dis vals, ek kan servers opstel, secure, groot netwerke run, code soos more heeldag - dit is my werk.
Ek kan enigiets doen IT. Ek het 'n resume wat strek van 20 000 user netwerke tot by IT vir die hele suidelike deel van Suid-Afrika en Suidwes se Air traffic control se IT, tot by apps bou vir Massmart en Plascon se reps waar hulle moet gaan orders vat en dit moet deurkom van donker Afrika af wanneer hulle weer in sein in ry.
Ek skryf ook gedigte. Is gepubliseer al, en het al hier en daar 'n liedtjie geskryf , en ook in 'n musiekvideo of 4 opgetree :-)
Nog baie dinge wat ek jou kan vertel.
Ek het ses jaar studeer en 30+ jaar ondervinding.
'n Advokaat wat helfte daai het vra R1800 per uur.
Ek deel my kennis en maak alles reg vir jou vir R400 per uur.
As jy jou eie opkomende besigheid het in die weskus en jy kan dit bewys of ek weet van jou - dan drop ek hom tot R250 per uur.
'n Kwart wat 'n plumber vra.
Nou vra mense seker hoekom, dis nie goeie besigheid nie, Ek d**k as ek toegang tot iemand soos ek gehad het toe ek my eerste besigheid begin het, sou ek SOVEEL beter gedoen het. Maar ek was hardkoppig en en het net aangeploeter want ek weet van beter.
Wel, nou kan ek jou al die stories vertel. En ek kan vir jou goeie diens gee, reg gedoen - een keer.
Dis my probleem ek sien my kliente nooit weer nie. Hulle het nie nodig om my weer te sien nie, behalwe om hallo te se iewers.