Noord Veiligheid Ekspo

Noord Veiligheid Ekspo Noord Veiligheid Ekspo

10/09/2018

Baie dankie aan almal wat ons ekspo besoek het dit was 'n groot sukses. Ons gaan 2019 baie groter gaan, die was ons toets lopie en dit het baie goed gegaan dis beslis 'n ekspo wat baie groot gaan word oor tyd. Gassprekers en uitstallers was wonderlik.. Ons sien uit om julle almal 2019 weer daar te sien.

Ons gemeenskap word geteister deur ’n vlaag van geweld, inbrake en onveilige eiendomme. “Wat doen ek?”… Dit is die vraag...
03/09/2018

Ons gemeenskap word geteister deur ’n vlaag van geweld, inbrake en onveilige eiendomme. “Wat doen ek?”… Dit is die vraag op almal se lippe.
Die NHK Potchefstroom-Noord gaan poog om met die Veiligheid beraad- en Sekuriteit Ekspo 7 en 8 September die vraag te beantwoord.
In samewerking met StratTech, ’n sekuriteit-tegnologiese maatskappy, wil ons jou in staat stel om jou, jou familie, jou eiendom en besigheid te beveilig.

01/09/2018

Besoek ons Noord Veiligheid Ekspo 7 en 8 September!!!

Kom sien die nuutste tegnologie om u familie, huis of plaas te beskerm. Die nuutste innovasie in beskermings  tegnologie...
21/08/2018

Kom sien die nuutste tegnologie om u familie, huis of plaas te beskerm.
Die nuutste innovasie in beskermings tegnologie sal te siene wees.
Daar sal verskeie gassprekers wees wat belangrike sake aanspreek
en genoeg om te eet en te drink. Daar sal kindervermaak wees terwyl
ouers die vele interessante stalletjies besoek of na gassprekers in ons
ouditorium luister.

Dit beloof om vol interessanthede te wees want sekuriteit raak ons almal.

Ons voorlopige program vir die 2018 Ekspo
16/08/2018

Ons voorlopige program vir die 2018 Ekspo

Ons ekspo word moontlik gemaak met die hulp van StratTechStratTech is ‘n sekuriteitstegnologie maatskappy wat kliënte be...
15/08/2018

Ons ekspo word moontlik gemaak met die hulp van StratTech

StratTech is ‘n sekuriteitstegnologie maatskappy wat kliënte bemagtig met oplossings en ondersteuning deur die huis, werksplek, insluitend plase regoor Suid-Afrika en die res van Afrika. ‘n Produkreeks is beskikbaar om in alle kliënte, vanaf individue tot groot nywerheidsorganisasies se behoeftes te voorsien. Daar is antwoorde vir Tegnologie oplossings en vir Sekuriteits risiko bestuur.

15/08/2018

Baie welkom by die NHK Potch Noord se Noord Veiligheid Ekspo wat sal plaasvind 6 en 7 September 2018.
Ons sal u op hoogte hou van alle gebeure en interessanthede.

Address

15 Hennie Bingle Street
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Noord Veiligheid Ekspo posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share