Question of Balance IT Consulting

Question of Balance IT Consulting Ondersteuning van besigheids rekenaars en netwerke.

Neem asseblief kennis dat ons kantoor geskuif het. Ons sien uit daarna om ons gewaardeerde kliënte steeds by te staan me...
08/01/2024

Neem asseblief kennis dat ons kantoor geskuif het. Ons sien uit daarna om ons gewaardeerde kliënte steeds by te staan met goeie, vinnige diens en verkope.

Trots om al amper 20 as QOB IT diens te kan lewer. Kontak ons gerus.
01/09/2020

Trots om al amper 20 as QOB IT diens te kan lewer. Kontak ons gerus.

27/03/2020

Geagte kliënte,

As gevolg van die ernstigheid van die virus en huidige regulasies is ons tans nie in staat om u op u perseel te besoek vir enige instandhouding nie. Moet ons asseblief nie kwalik neem hiervoor nie, maar dit is vir ons uiters belangrik om ons medemens en veral ons gesinne te beskerm in hierdie tyd. Ons is wel beskikbaar by 056 212 6873 en 082 418 0391 tydens 'kantoor' ure, om telefonies bystand te bied so ver ons in staat is.
Ons bid Jesus se seën en vrede oor al ons kliënte in hierdie vreemde tye.

12/03/2020

Windows 10 opgradering?
V: Is opgradering na Windows 10 noodsaaklik?
A: Om 'n maklike antwoord te gee: Indien jy banksake, finasiële of vertroulike transaksies op jou rekenaar oor die internet doen; dan is die antwoord ja.
Indien jy dit net gebruik om algemeen te browse, druk en tik dan is dit nie dadelik nodig nie. Maar maak gebruik van 'n goeie Anti Virus soos Kaspersky vir 'n ekstra beskerming.
V: Gaan my rekenaar 'crash' as ek nie opgradeer nie?
A: Nee dit gaan nie - alles sal aanhou met werk. Sekere programme kan wel na 'n tyd agv onaanpasbaarheid nie meer opgegradeer word nie.
V: Is die opgradering gratis?
A: Dit hang af van die lisensie en op watter weergawe van Windows jou rekenaar huidig is.
V: Gaan dit my rekenaar stadig maak?
A: Dit hang af van die rekenaar se spesifikasies. Ouer rekenaars kan wel stadiger wees, en dit is dalk nie die moeite werd om Windows 10 te laai nie.

18/07/2019
18/07/2019

QOB IT is hierdie jaar al vir 18 jaar in die bedryf wat ons een van die oudste rekenaar besighede in die dorp maak.
Met die jare het kennis en ervaring gekom, maar die tyd bring ook vernuwings in die veld, daarom poog ons om in pas te bly met die nuutste tegnologie en programmatuur.

Ons fokus is hoofsaaklik gemik op besighede en netwerke. Ons herstel nie net rekenaars, installeer netwerke en hou bestaande netwerke in stand nie, maar verstaan werklik die prioriteit van besighede se infrastruktuur, sekuriteit en hoe waardevol tyd is in die besigheids wêreld. Dus poog ons om so spoedig moontlik aandag aan kliente se probleme te gee.

QOB IT is ‘n klein besigheid met outydse waardes wat nou met ons kliënte saamwerk om die beste diens aan hul te lewer. Die kliënt se belange is indirek ons belange daarom is dit ons trots om hul stelsels ten alle tye glad te laat loop. Met dit en die huidige moelike finansiële tye in gedagte poog ons om kliente se bestaande infrastruktuur se lewensduur te verleng deur onoordeelkundige verkope te vermy. Om iets deeglik te doen neem soms langer, maar ons doen dinge reg wat in die toekoms vrugte dra vir die kliënt.

‘n Voordeel van die jare wat ons in die bedryf is is dat ons baie kontakte in die rekenaar wêreld opgebou het. Indien u ‘n produk sou verlang wat buite ons bestek is kan ons waardevolle aanbevelings maak na alternatiewe maatskappye wat na u unieke behoeftes kan omsien. Dit is byvoorbeeld waar spesialis programme benodig word soos in die geval van mediese, rekenkundige of regs programme. Ons werk ook met veskeie sagteware verskaffers saam wat betref die implementering en instandhouding van hul stelsels.

Die IT veld is groot en ons glo ons is uniek en bekwaam in ons fokus area, die tevredenheid van ons huidige kliënte dui daarop.

Dankie aan al ons kliënte vir hul getroue ondersteuning gedurende die afgelope 18 jaar. Ons doel bly steeds om die beste diens aan u te lewer, so kontak ons gerus vir herstelwerk en opgraderings aan rekenaars, bedieners en netwerke sowel as die installasie van nuwe netwerke waar nodig.

Address

Kroonstad

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Question of Balance IT Consulting posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share