WEET JY dat Jesus jou liefhet Bediening

WEET JY dat Jesus jou liefhet Bediening Om deur die krag van die Heilige Gees, mense
-TOE TE RUS,
-Te INSPIREER
-Te BEMAGTIG
om die liefde van Jesus uit te dra op elke vlak van hul lewens Ouers
3. D.

“WEET JY” BEDIENING bestaan uit vier bene:

1. MANNEBEDIENING

Wian bedien d.m.v. Woord en musiek tydens:
Mannekampe
Weeklikse kleingroepe
Manne-byeenkomste soos saamtrekke, lof & aanbidding ens. Vaderskap
Wian is betrokke by The World Needs a Father, ‘n internasionale beweging wat manne toerus vir hul rol en verantwoordelikheid as vaders, eggenote en Godvresende leiers.

2. MULTIMEDIA BEDIENING

Verskeie vorme van media, soos video, oudio en geskrewe materiaal word gebruik om mee te bedien. Die inhoud wissel van getuienisse, inspirerende boodskappe en musiek, na Bybelstudies en kort oordenkings. Die formate is elektronies, video en dvd en word maandeliks, weekliks en in sommige gevalle, daagliks na ‘lede’ van drie INTEKENGROEPE gestuur. Huidige groepe is:
1. Tienerseuns
2. Besighede
Hierdie drie groepe vorm deel van “PROJEK DAWID”, wat primêr fokus op tienerseuns, maar nog groepe is in die vooruitsig.

“PROJEK DAWID”

“PROJEK DAWID” is die eerste projek wat hierdie nuwe bedieningsbeen aanpak. VISIE:

Om deur die krag van die Heilige Gees, tienerseuns

A. TOE TE RUS met die waarheid van God se Woord,
B. Te INSPIREER om dissipels van Jesus Christus te wees
met ‘n hart van ‘n “warrior” soos Dawid;
C. Te BEMAGTIG om die liefde van Jesus uit te dra op elke terein van hul lewens. WAAROM DOEN ONS DIT? Wian en Trudine is geroep om ‘n verskil te maak en ‘n oplossing te bied vir die grootste probleem (huidiglik) op die aarde:
VADERLOOSHEID! – Wat insluit: Afwesige- onbetrokke- en onkundige vaders. Navorsing in 21 lande het gewys dat wanfunksionele familie-lewe die grootste probleem in die samelewing is, met vaderloosheid in die sentrum hiervan. Die volgende statistieke is verkry van ‘The World Needs a Father’:
63% van selfmoord gevalle kom uit vaderlose huise.
80% van verkragters kom uit vaderlose huise.
70% van jong gevangenes kom uit vaderlose huise.
40% van alle kinders leef nie meer met hul biologiese pa aan huis nie.
85% van kinders met gedragsprobleme kom uit vaderlose huise.
90% van straatkinders kom uit vaderlose huise.
71% van kinders wat nie skool klaarmaak nie, kom uit vaderlose huise.

“Weens hierdie wanfunksionaliteit is tieners se behoefte aan geestelike leiding en toerusting groter as ooit! Ek beleef dit oral in Suid-Afrika. Oor die algemeen raak ouers meer en meer onbetrokke en is dus oningelig oor hul tieners se ‘issues’ en behoeftes.” – Wian –

Hier is ‘n paar van die onderwerpe waaroor hulle toegerus word:
My identiteit in Christus
My skeppingsdoel
Ken en gebruik die Woord
Dissipelskap
Vriende
Versoekings soos pornografie, wellus, materialisme, ens…

ONS DOEN DIT DEUR:

A. ‘n Intekengroep waardeur hulle daagliks, weekliks en maandeliks geestelike video-, oudio- en geskrewe materiaal kan ontvang;

B. ‘n Intekengroep waardeur ons hul ouers kan bedien en ondersteun;

C. ‘n Intekengroep vir besigheidseienaars wat op geestelike vlak wil belê in hul werknemers en wat d.m.v. borgskappe wil betrokke raak by PROJEK DAWID. Musiek- en Woordbediening tydens skooloptredes, kampe, seminare, dissipelskap-opleiding, eredienste ens.

3. JEUG

Wian bedien in spanverband d.m.v. Woord en musiek tydens:
Jeugkampe
Jeugweke
Skooloptredes
Jeugdienste ens.

4. MUSIEKBEDIENING

Wian is ‘n liedjieskrywer, sanger en “worship leader” wat al deur die jare verskeie musiekproduksies die lig laat sien het met heelwat liedere wat opgeneem is in sangbundels soos FLAM ens. Hy bedien tydens:
Eredienste
Lof- & aanbiddingsgeleenthede
Musiekfeeste
Hy gee ook opleiding aan aanbiddingspanne van gemeentes oor geestelike en tegniese aspekte van lof- & aanbidding.

Please share
10/01/2021

Please share

Groot Blessing  - woon by as julle naby is 🙌
26/12/2020

Groot Blessing - woon by as julle naby is 🙌

Dienste op Hartenbos - kom loof en prys die Here saam🙌 Share asb🤗

Dienste op Hartenbos - kom loof en prys die Here saam🙌 Share asb🤗
26/12/2020

Dienste op Hartenbos - kom loof en prys die Here saam🙌 Share asb🤗

Share asb vir almal wat in Hartenbos vakansie hou🙌🙌🎄
22/12/2020

Share asb vir almal wat in Hartenbos vakansie hou🙌🙌🎄

Weet jy.. STRONGER
Hallo almal.. more aand het ons DV weer n lofprysing geleentheid in Hartenbos. Ons vier die groot genade dat Vader vir Jesus aarde toe gestuur het. Ons vier sommer net alles van Hom..🙌🙌
Ons is n lekker span, orkes met tjello, viool en sommer n hele paar instrumente...🎹🎶🎼
Asb stuur die advertensie aan jul vriende en familie wat tans in ons omgewing is.🔊🔉.

Weet jy.. STRONGERHallo almal.. more aand het ons DV weer n lofprysing geleentheid in Hartenbos. Ons vier die groot gena...
22/12/2020

Weet jy.. STRONGER
Hallo almal.. more aand het ons DV weer n lofprysing geleentheid in Hartenbos. Ons vier die groot genade dat Vader vir Jesus aarde toe gestuur het. Ons vier sommer net alles van Hom..🙌🙌
Ons is n lekker span, orkes met tjello, viool en sommer n hele paar instrumente...🎹🎶🎼
Asb stuur die advertensie aan jul vriende en familie wat tans in ons omgewing is.🔊🔉.

Weet jy: Hallo ons het op "99" gekry het om op Hartenbos te bedien, *vanaf more*20ste Des .. Ons benodig elkeen van jull...
19/12/2020

Weet jy: Hallo ons het op "99" gekry het om op Hartenbos te bedien, *vanaf more*20ste Des .. Ons benodig elkeen van julle om hierdie info asb aan te stuur vir vriende en familie wat tans in die Hartenbos, Mosselbaai, George omgewing woon of vakansie hou.

01/05/2020

Ps. 119:105 sê dat God se Woord ’n lamp vir ons voet en ’n lig vir ons pad is. Die afgelope tyd het ek opnuut besef hoe kragtig God se Woord is en dat dit waarlik lewe.
Dis die rede waarom ek meer en meer Skrif wil toonset sodat God se kinders dit kan sing en dat dit kan uitkom en hoop en genesing bring.

‘Meer as ’n Oorwinnaar’ is die eerste lied van hierdie projek. Dis my “lockdown” lied omdat hy gebore is tydens ons tyd van inmperking. Dis sommer ’n “home recording”… net my keybord, maar die wonderlike is dat die lied reeds oor Radio Kansel gespeel is wat wêreldwyd uitgesaai is.

Mag jy die lied geniet en geseën word hierdeur. Mag jy opnuut besef wie jy in Christus is… MEER AS ’N OORWINNAAR!
Deel die lied gerus met mense en deel sodoende die wonderlikste nuus wat ons ooit kan deel!

Groete in Christus

Wian

https://youtu.be/ZvvjPKpeMK8
12/04/2020

https://youtu.be/ZvvjPKpeMK8

Lockdown maak baie dinge moontlik! Wian in George en ons in Wellington. Dit kan nie keer om te sing van Sy opstanding nie! Die Goeie Nuus Evangelie. Ja, Hy l...

"Walk Where Jesus Walked"N Geestelike Belewenis soos geen ander!!VERSEKER JOU PLEK VANDAG!SLEGS N R5000 DEPOSITO IS BENO...
12/11/2018

"Walk Where Jesus Walked"
N Geestelike Belewenis soos geen ander!!
VERSEKER JOU PLEK VANDAG!
SLEGS N R5000 DEPOSITO IS BENODIG

BELEEF PLEKKE SOOS:
Piramides / Vaart op die Nyl / Kerk op die ashoop / Dooie see / See van Galilea en omgewing / Betlehem / Nasaret / Stad van Dawid / Tuin van Getsemane / Golgota / Die oop graf🙌🏼 ENS!!

VIR MEER INLIGTING KONTAK WIAN @ 083 304 2833

Nou ook vir graad 9 seuns👍
08/11/2018

Nou ook vir graad 9 seuns👍

07/11/2018
WAT MAAK HIERDIE TOER SO BESONDERS?• Dis twee dae langer as die gewone kompakte Israel toer; • n Ekstra dag by die See v...
03/09/2018

WAT MAAK HIERDIE TOER SO BESONDERS?

• Dis twee dae langer as die gewone kompakte Israel toer;
• n Ekstra dag by die See van Galilea;
• n Afdag in Jerusalem om (sonder die groep) jou eie ding te doen;
• n Unieke musiek, “worship”, nagmaal en bedieningsgeleentheid op n boot tydens sonsondergang, op die See van Galilea;
• Ons bly in kwaliteit hotelle wat sentraal geleë is, vir die wat saans wil gaan stap, “shopping” doen, ens.
• Hierdie toer is nie net n ‘ontvang’ toer nie, maar ook n ‘gee’ geleentheid. Wat gaan ons gee?
** Aanbidding vir ons Here en Verlosser;
** Gebed - vir Israel en mekaar;
** Liefde en omgee vir mekaar en die mense van Egipte en Israel.

Ander hoogtepunte:
Piramides / Vaart op die Nyl / Kerk op die ashoop / Dooie see / See van Galilea en omgewing / Betlehem / Nasaret / Stad van Dawid / Tuin van Getsemane / Golgota / Die oop graf🙌🏼

Vir die volledige program, toerprys, registrasievorm en enige ander inligting, kontak my gerus.

NB ‼️
Deposito’s van R5000 per persoon is so gou moontlik betaalbaar om te verseker dat ons toer kan voortgaan.

Dit sal n voorreg wees om jou deel te hê van ons toer.

Groete in Christus

Wian🇮🇱🇮🇱
083 304 2833

Address

George

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when WEET JY dat Jesus jou liefhet Bediening posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to WEET JY dat Jesus jou liefhet Bediening:

Share