02/06/2026
WERKSAANBOD: ADMINISTRATIEWE ASSISTENT — HALFDAG POS
📍 Guns Ammo Trading — Delmas
📌 Adres: 28 5de Straat, Delmas
📅 Sluitingsdatum: 12 Junie 2026
Guns Ammo Trading is op soek na ’n betroubare, georganiseerde en detailgeoriënteerde Administrasie Assistent vir ’n halfdag posisie by ons tak in Delmas.
Hoofverantwoordelikhede:
✅ Opstel en verwerking vuurwapen dokumente
✅ Byhou en op datum hou van vuurwapenregisters
✅ Inlees en verwerking van fakture
✅ Opstel en druk van barcode-plakkers
✅ Voorraadbeheer en voorraadadministrasie
✅ Bystand met debiteure en kliënterekeninge
✅ Regpak, merk en organiseer van voorraad
✅ Algemene administratiewe ondersteuning waar nodig
Vereistes:
✔ Goeie administratiewe en organisatoriese vaardighede
✔ Rekenaarvaardigheid
✔ Moet akkuraat, netjies en verantwoordelik kan werk
✔ Vorige administrasie-ervaring sal voordelig wees
✔ Kennis van vuurwapenadministrasie sal ’n voordeel wees
✔ Moet vertroulike inligting professioneel kan hanteer
Werksure:
🕒 Halfdag posisie — werksure sal tydens onderhoud bespreek word.
Aansoeke:
Stuur jou CV na:
📧 [email protected]
Of handig jou CV in by:
📍 Guns Ammo Trading, 28 5de Straat, Delmas
Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 Junie 2026
Slegs kandidate wat vir onderhoude gekeur word, sal gekontak word.