SA Crime Chronicles

SA Crime Chronicles Skrywer en verteller van donker fiksie en horror verhale , elke storie kom uit die donker van die menslike gees

🕯️ Chris van der Wal – ’n Lewe onthou, en steeds op soek na antwoorde 🕯️Chris van der Wal is gebore op 10 Mei 1994 en wa...
21/04/2026

🕯️ Chris van der Wal – ’n Lewe onthou, en steeds op soek na antwoorde 🕯️

Chris van der Wal is gebore op 10 Mei 1994 en was 31 jaar oud toe sy lewe tragies geëindig het op 28 September 2025 in Potchefstroom.
Hy was ’n geliefde seun, broer en vriend , iemand wat bekend was vir sy sagte hart, sy liefde vir musiek en sy passie vir kitaar speel. Chris het ook deelgeneem aan ’n band en was iemand wat altyd probeer het om goeie energie en musiek met die mense rondom hom te deel. Hy het vir jare by Gasworld gewerk en diep vriendskappe daar opgebou.

Volgens die inligting wat deur sy familie gedeel is, het Chris die aand van 27 September 2025 saam met sy vriend Tony gegaan om die Springbokke teen Argentinië by Impala te kyk.
Daarna het hulle na Gentlemen’s Paradise Pub gegaan om pool te speel en ’n paar biere te drink.
Tydens die aand het daar ’n argument ontstaan tussen Tony en ’n vroulike kliënt, wat later verbind is aan ’n familie-verwante konflik.
Volgens getuies het die situasie so erg geraak dat die bouncer Tony gewaarsku het dat hy homself moet gedra of gevra sou word om te loop.
Kort daarna het Chris en Tony die plek verlaat. In die parkeerarea het die situasie egter weer eskaleer, waar daar verdere konflik was. Volgens die familie is Chris in die proses per ongeluk in die gesig getref , ’n hou wat nie vir hom bedoel was nie.

Daarna het Chris en Tony in die voertuig geklim en weg gery.
Op pad huis toe het daar weer ’n argument ontstaan.
Chris het die voertuig langs die pad gestop. CCTV-beelde wat volgens die familie beskikbaar is, wys hoe Chris en Tony fisies betrokke geraak het in ’n stryery.
Daarna het Chris uit die voertuig geloop en Tony het weggery.
Volgens verdere CCTV-inligting is Chris later langs die pad gesien waar hy hardloop terwyl hy sy nek vashou, waarna hy ineengestort het.
Hy is kort daarna langs die pad gevind waar hy reeds oorlede was. Dit is bevestig dat hy aan ’n steekwond in sy nek gesterf het, en ’n moordsaak is geopen.

Sy swaer is in die vroeë oggendure gekontak om na die toneel te gaan en moes daarna die hartverskeurende nuus aan sy familie oordra.

Toe dit tyd geword het om Chris te identifiseer, beskryf die familie dat hulle met min empatie en koue hantering te doen gehad het.
Hulle is na die lykshuis geneem waar daar gewag moes word vir ure voordat hulle hom kon sien. Sy ma het tot op die laaste oomblik gehoop dit is ’n fout ,dat dit nie haar seun is nie maar daardie hoop is gebreek toe sy hom uiteindelik geïdentifiseer het.

Volgens die familie is almal wat betrokke was daardie aand deur die polisie ondervra, maar niemand is as ’n verdagte verklaar nie.

Ten spyte van die ondersoek, bly daar steeds baie onbeantwoorde vrae oor wat presies gebeur het in die tyd tussen Chris se vertrek uit die voertuig en toe hy gevind is.

💔 Vandag, maande later, sit daar steeds ’n ma en ’n familie met hartseer en sonder duidelike antwoorde.

Ons vra asseblief: As jy enige inligting het, of iets gesien of gehoor het wat kan help om lig op hierdie saak te werp, kontak asseblief die polisie of kom privaat in verbinding.

Elke stukkie inligting kan dalk help om antwoorde en vrede te bring.
🕯️ Rus sag Chris van der Wal. Jy word gemis en nooit vergeet nie.

Ter nagedagtenis aan Valerie EnzerValerie Enzer word onthou as ’n vrou wat haar lewe met onafhanklikheid, waardigheid en...
21/04/2026

Ter nagedagtenis aan Valerie Enzer

Valerie Enzer word onthou as ’n vrou wat haar lewe met onafhanklikheid, waardigheid en ’n diep liefde vir die wêreld rondom haar geleef het.

Sy was bekend vir haar sterk gees , iemand wat vryheid bo alles gewaardeer het en wat gekies het om ’n stil, doelbewuste lewe te leef op die plek wat sy haar tuiste gemaak het. Dié wat haar geken het, beskryf haar as warm, privaat en diep verbind met die natuur en diere, veral perde.

Sy het haar lewe gebou op ervaring, veerkragtigheid en haar eie oortuigings.
Elke oggend het sy ’n eenvoudige maar betekenisvolle ritueel gehad ,sy het ’n boodskap aan ’n buurman gestuur om hom te laat weet dat sy veilig is.
Dit was haar manier om verbinding en gerusstelling te deel, selfs in haar stil, afgesonderde lewe.
Toe daardie boodskap op een oggend nie deurkom nie, het die buurman onraad vermoed.
Hy het haar huis gaan besoek, waar hy haar op die stoep aangetref het ...reeds oorlede.

In die ondersoek wat gevolg het, het ’n jong verdagte ....’n 16-jarige seun na bewering haar aangerand , dood gemaak en verkrag.

Haar afsterwe het ’n diep leemte gelaat , nie net in haar familie en vriende se lewens nie, maar ook in die gemeenskap wat haar op haar eie rustige manier leer ken het.

Al bly daar vrae en hartseer in die nasleep van hierdie tragedie, bly een waarheid oor, ’n lewe is verloor, en ’n gemeenskap is onherroeplik verander.

Valerie Enzer se nalatenskap leef voort , nie in hoe haar lewe geëindig het nie, maar in hoe sy geleef het, met onafhanklikheid, moed en ’n vrye gees wat nie maklik vergeet word nie.

🕯️ Mag sy met waardigheid en vrede onthou word.

Die skokkende saak van John Cross en Bina Fourie✝️Op hierdie dag word ons herinner aan ’n tragedie wat diep skokgolwe de...
21/04/2026

Die skokkende saak van John Cross en Bina Fourie✝️

Op hierdie dag word ons herinner aan ’n tragedie wat diep skokgolwe deur ’n gemeenskap gestuur het , die wrede plaasmoord op John Cross en Bina Fourie.

Daardie Sondagoggend 16 April 2000 in die Limpopo-provinsie het, soos soveel ander, begin met stilte en geloof.
John en Bina het hul huis verlaat om kerk toe te gaan , iets wat vir hulle kosbaar was. Geloof, familie en gemeenskap was die fondament van hul lewens.
Maar terwyl hulle daar gesit het, het iets donker reeds by hul huis ontvou.

Omstreeks 08:30 die oggend het twee mans, wat voorheen vir die paartjie gewerk het, stil-stil die huis binnegesluip.
Hulle het die uitleg van die huis geken.
Hulle het die roetines geken.
Elke beweging was berekend… elke oomblik doelbewus.
Hulle het deur die huis beweeg met stilte , hul bedoelings versteek, nie in die oopte nie, maar weg gesteek waar niemand dit onmiddellik sou sien wanneer die deur oopgaan nie.
Hulle het gewag… geduldig, in die skadu’s.

Toe John en Bina later daardie middag, omstreeks 15:15, van die kerk af terugkeer, het hulle niksvermoedend by hul eie huis ingestap..... reguit in ’n nagmerrie in.
Wat op hulle gewag het, was geweld wat hulle nooit sou kon verwag nie.
In die chaos van daardie dag is albei oorrompel in ’n aanval wat hul lewens onherroeplik sou neem en ’n gesin en gemeenskap diep sou breek.

Bina is aangeval en in die knee en rug geskiet met n .22 geweer en terwyl sy magteloos daar le en baklei vir haar lewe het hulle dit nie daar laat staan nie... nee , hulle het warm kettel kook water oor haar liggaam en gesig gegooi, na al die wonde en seer is sy 25 min later dood.

Daarna het hulle John na die badkamer toe gesleep, waar hulle hom gemartel het en vas gemaak het en in die bad gesit het, hulle het toe warm water in sy keel af gegooi ,die water was so warm dat dit merke gelaat het wat selfs die nadoodse ondersoeker kon sien, Toe hulle klaar was, het hulle hom ook geskiet.
Van die oomblik wat hulle ingekom het, toe die oomblik wat hulle verlaat het, het die marteling vir 5 ure geduur.

Ná die aanval is verskeie items uit die huis geneem, insluitend kontant, persoonlike besittings en vuurwapens.

Maar die oortreders se vryheid het nie lank geduur nie.
Binne ’n dag is hulle in hegtenis geneem, met onder meer John se vuurwapen en sy horlosie in hul besit , bewyse wat vinnig tot hul vaslegging gelei het.
In die hof is albei mans skuldig bevind aan dubbelmoord en tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.
Vir die familie het die pyn nie by die hof geëindig nie.
Al is daar skuldigbevindings en al is daar vonnisse opgelĂŞ, het dit nie die verlies of die leegte weggevat nie.

Die herinnering aan John en Bina leef voort in die harte van die wat hulle geken en liefgehad het en saam met daardie herinnering, ook die stille pyn wat nie met tyd verdwyn nie.
Hierdie saak gaan nie net oor wat daardie dag gebeur het nie. Dit gaan oor wat agterbly wanneer die wĂŞreld aanbeweeg.
Want vir iemand, ĂŞrens, bly daardie Sondag altyf in hulle gedagtes.
🕯️

Address

Pretoria Tuine

Opening Hours

Monday 09:00 - 22:00
Tuesday 09:00 - 22:00
Wednesday 09:00 - 22:00
Thursday 09:00 - 22:00
Friday 09:00 - 22:00
Saturday 09:00 - 22:00

Telephone

+27652559954

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SA Crime Chronicles posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share