28/06/2026
π
N boodskap van een van ons mees ervare feesgangers en toer leiers, Braam :
Mens gaan nie op βn roadtrip om te kyk hoe vinnig jy by die bestemming kan kom nie. As dit die doel was, het ons almal maar βn vliegtuig bespreek! π
Ons gaan om vir βn paar dae die gejaagde lewe, die baas, die rekeninge, die WiFi wat nie werk nie, en daardie buurman wat elke Saterdag om 06:00 gras sny, agter te laat.
Onthou asseblief:
Dis nie βn Dakar Rally nie. π
Dis nie βn politieke vergadering nie.
Dis nie βn plek om familie-erfenisse uit te baklei nie. βοΈ
En dis beslis nie βn kompetisie om te kyk wie die hardste kan kla oor stof, hitte of die pad nie. π
Die bestuur vra geen toerfooie vir die ure se beplanning, oproepe, reΓ«lings en grys hare wat hierdie trip veroorsaak nie.
Ons betaling is eenvoudig: om mense te sien lag, kuier, nuwe vriende maak en met goeie herinneringe huis toe gaan.
Daarom bly ons leuse:
β
Leef en laat leef
β
Harmonie
β
Verdraagsaamheid
β
Respek vir mekaar
As iemand se kampstoel skeef staan, help hom reg. As iemand vasval, help trek. As iemand βn fout maak, lag saam en beweeg aan.
Ons is een groep, een avontuur en een klomp mense wat gekies het om die lewe vir βn paar dae stadiger en lekkerder te maak.
Kom ons maak OPPIPANNE FEES 2026 die grootste, veiligste en lekkerste een nog!
π»ππ Leef. Kuier. Geniet. En hou die drama by die huis. ππ