24/07/2026
Troufeestelikheid 🤍🤍🤍
Die kleure spreek van ‘n vellie opskop in die plaaspad af. Net so voordat die reën kom. En wanneer die reën val, spoel dit nie net die sagte stof af nie, maar gee dit ‘n dieper meer intense kleur en weerspieëlende g***s aan die natuur. Beide mooi, beide aanvullend tot die geheelbeeld.
Net so, triomfeer balans tussen die effe en ryk kleure, teksture en rangskikkings op hierdie feestelikheidstafels.
Houttafels, gras plekmatjies , linne lopers en servette in effekleure, potjies en bakkies aangetrek met blomme, grasse en sade. Travertynsteen-tafelnommers met kursiefskrif getalname. Moderne lampies en romantiese kerse wat die naglug en -lig met net genoeg warmte ontmoet.
Trou-skryfbehoeftes klink nog nie of dit gepas lui vir die geleentheid nie. Eendag, binnekort sal Afrikaans ook spog met die perfekte beskrywingswoord.
Die tafelplasingsmuur het nie net ‘n hoek in die onthaalsaal versier nie, maar het ook die praktiese taak vervul om vir die gaste te wys by watter tafelnommer hulle, hul naamkaartjies, wat elkeen se sitplek aandui, sal vind.
Hierdie plasing is geskryf om my eie kreatiwiteit en bekwaamheid op ‘n kunsmatige intelligensie gedrewe platform uit te daag. En natuurlik om met ons handewerk te spog.
Praat van, die kunstenaars agter die skerms van hierdie meesterstuk is; BLOM bespoke | floral artist | decor stylist vir blomme en dekor, Mrs Marais Weddings vir troubeplanning en Oh My Box Studio | Wedding Stationery vir tafelplasingsmuur, naamkaartjies- en sykaarte, tafelnommers en plakkers vir die spieël.
Ons sou ook nie die unieke samestalling kon skep sonder Ubunye | Wedding Venue | Limpopo se pragtige geriewe nie.
Spanwerk laat die plan werk.