19/09/2026
Hallo van uit America. 🇺🇸
Na baie maande van verlang, het ek en my dogtertjie uiteindelik by my man in America aangesluit.
Ons is ongelooflik dankbaar dat ons nou weer as ’n gesin saam kan wees en daardie leë stukkie van ons harte kan vul. Om ons gesin weer heel te hê, beteken vir ons meer as wat woorde ooit kan sê.
Dit beteken egter ook dat ek vir die voorsienbare toekoms in America sal bly en dat Memory Lane Photography se reis in Suid-Afrika vir eers tot ’n einde kom.
Ek wil uit die diepte van my hart DANKIE sê aan elke liewe kliënt wat ooit voor my kamera gestaan het.
Dankie vir julle vertroue, julle stories, julle families, julle groot oomblikke en selfs die klein oomblikke wat ek die voorreg gehad het om vas te vang.
Dankie aan elke persoon wat my blad gelike, my foto’s gedeel, kommentaar gelos, my aanbeveel het of sommer net my werk ondersteun het. Elke like, share, bespreking en boodskap het vir my meer beteken as wat julle dalk besef.
Memory Lane Photography was nog nooit net oor foto’s nie. Dit was oor mense, liefde, herinneringe en oomblikke wat ons vir altyd wil hou.
Ek stap nou ’n nuwe pad, met ’n hart vol dankbaarheid vir die pad wat agter my lê. 🇿🇦➡️🇺🇸
Dankie dat julle deel was van my storie.
Dankie dat julle my toegelaat het om ’n klein stukkie van júlle stories te vertel. Dankie dat my fotos julle huise vol hang.
Tot ons paaie dalk weer kruis…
Liefde,
Marnel 📸
Memory Lane Photography